Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Daar ruis 'n Lied" deur Totius (Jacobus Daniel Du Toit)
"Daar ruis 'n Lied" deur Totius (Jacobus Daniel Du Toit) [boodskap #29893] So, 16 April 2000 00:00
Alex koster  is tans af-lyn  Alex koster
Boodskappe: 30
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Daar ruis 'n lied van lang verlee,
en stemme singend kom van ver;
en immer ruis my siele mee
met stemmelied van lang verlee -
uit d'eeue her.

Daar ruis 'n lied van lang verlee
wanneer die wind soo sag verrys;
en immer, buigend na benee,
die bometop sing klaaglik mee
eenselfde wys.

Daar ruis 'n lied van lang verlee
in d'oseaan se maatgesang;
en immer ruis die skulpies mee
met d'eeulied van grote see -
diep opgevang.

Og, kon ek sing van lang verlee
gelyk die skulpies so getrou,
wat opgegaar, nog kleinlik gee
die weerklank van 'n wêreldsee -
by d'oor gehou.

Og, kon ek sing van lang verlee
gelyk die dentak hoog in top,
wat daar sy naaldjies klein-verbree,
opdat die wind sy oue wee
kan klaag daarop!

O, kom tot my uit lang verlee,
sangstemme, kom uit droomgebied,
deurruis my siel als avendbee
van westewind, soos verre see
se glowelied!

TOTIUS (JACOBUS DANIEL DU TOIT)
------------------

Beste wense,

Alex Koster
student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk
Vorige onderwerp: "Ou Amsterdam" deur A.D. Keet (1888)
Volgende onderwerp: Re: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 21:45:01 MGT 2024